Potch Perfect Directory

FFG

FFG

Potchefstroom
North West
South Africa
Email: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Website
Contact Person: Karle le Roux
Phone: 018 293 0656

Thakaneng Project

Op Jeugdag het Futurum Financial Group (FFG) talle kinderharte by die “Thakaneng Project” verbly toe daar by hulle skuiling opgedaag is met arms vol kos, klere, skryfbehoeftes en speelgoed.Ons fokus was gerig daarop om die kinders van hierdie skuiling bewus te maak van die impak wat hulle -die jeug nog in Potchefstroom, Suid-Afrika en die Wêreld het. Om verdere bewusmaking te prikkel is daar is ʼn kunskompetisie geloots waartydens die kinders moes uitbeeld “Wat beteken dit om kind te wees”. Die wenner van die kompetisie was Mmekeng Serane, wat gevoel het die Jeug van vandag kan Kindermishandeling stopsit en in beheer bring. Hulle moet net hul stemme laat hoor!

Thakaneng is ‘n projek waar straatkinders van die strate af geneem, ‘n vestig en opvoeding gebied, en voorberei word vir die toekoms. Die projek vier vanjaar sy twaalfde bestaansjaar in Potchefstroom, en fokus ook daarop om tuiksversorgingsdiense in die gemeenskap aan ongeveer 200 kinders en hulle families te bied. FFG het verder besluit om die gemeenskap ook by hierdie bewusmakingsprojek te betrek. Ons het regtig die insette en bydraes van almal in die gemeenskap nodig om die “Thakaneng Project” so suksesvol moontlik te maak, en so ook die kinders van die strate af te hou. Ons het die kunskompetisie “Wat beteken dit om Kind te wees” oopgestel vir die hele gemeenskap van Potchefstroom. Alle inskrywings – duidelik gemerk met Naam, Van, Telefoonnommer en Ouderdom kan afgelaai word by die FFG kantore op die hoek van Govan Mbeki, en Totius Straat. Enige donasies van kos, klere, komberse en speelgoed (veral vir kinders ouderdom 7-16 jaar) word ook verwelkom.

 


  

 

Arte Facts